Sedimentvervoer

Die meerderheid sedimentêre gesteentes is klasties, dit wil sê hulle bestaan uit die erosieprodukte van ouer gesteentes. Nadat die moedergesteente verweer en afgebreek is, word die deeltjies wat daardeur gevorm het, deur verskillende prosesse verplaas.

ʼn Onderskeid kan gemaak word tussen korrelvervoer en massavervoer, waar, in die geval van korrelvervoer, beweging plaasvind deur die afsonderlike verplasing van korrels deur 'n bewegende medium. Hierdie medium kan lopende water, ys of wind wees en elke proses lei tot 'n sekere mate van sortering van die meegevoerde deeltjies. By massavervoer word die deeltjies uitsluitlik deur die invloed van swaartekrag verplaas. Vervoer kan bo of onder water plaasvind en die vervoersnelheid kan wissel tussen skaars meetbaar tot uiters vinnig.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search